Vrae wat gereeld deur ouers aan die kantoor gerig word:
Hierdie bladsy word nog verfyn. Vir enige spesifieke vrae wat u graag hier sou wou sien, stuur 'n epos
aan Mev. Gerda Klopper, by bemarking@wonwen.co.za
1. Wat is die koste van die skoolfonds per maand of per jaar aan die skool, die Woelige Wonnies en die
Naskoolsentrum afsonderlik. Hoe is hierdie gelde betaalbaar?
Alle gelde kan kontant, d.m.v elektroniese betalings, per debietorder of per tjek aan Laerskool Wonderboom betaal
word. Enige tjeks aan die Woelige Wonnies, moet asb duidelik aan hul uitgemaak word. Gebruik asb u kind se
rekeningnommer in die geval van elektroniese betalings. Hierdie nommer is by Mev. Adele Laas, in die
finansieskantoor, of by u kind se registeronderwyser/es beskikbaar.
Gelde aan die skool of die Woelige Wonnies is vooruitbetaalbaar en aanvangsbedrae is in Januarie betaalbaar.
Gelde aan die naskoolsentrum is agteruitbetaalbaar en geen aanvangsbedrag word gevra nie.
Vir meer detail oor die betalingsmetodes en kostes, gaan asb na die skakel 'Inligting' - en klik op 'Skoolgelde'.
2. Hoe laat begin die skool en die Woelige Wonnies. Hoe laat verdaag die leerders?
Die skool begin stiptelik, elke oggend van Maandae tot Vrydae, 7:30. Maandae tot Donderdae verdaag die leerders
die skool om 13:15, maar Vrydae om 13:00
Die Woelige Wonnies is al vanaf 7:00 in die oggend in hul klasse, maar die program begin 8:00. Die program eindig
12:30 die middag en u kan dan u kleuter kom afhaal. Kleuters wat boeties en sussies in die "groot skool" het, kan
in ons klasse bly tot 13:15. Nie later nie! Naskoolkleuters word deur die betrokke persone by die klasse afgehaal.
3. Hoe laat is pouses?
Maandae:
1ste Pouse Juniors - 9:36 tot 9:56 2de Pouse - Alle grade - 11:41 tot 11:57
1ste Pouse Seniors - 10:13 tot 10:24
Dinsdae tot Donderdae:
1ste Pouse Juniors - 9:30 tot 9:50 2de Pouse - Alle grade - 11:40 tot 11:55
1ste Pouse Seniors - 10:00 tot 10:20
Vrydae:
1ste Pouse Juniors - 9:30 tot 9:50 2de Pouse - Alle grade - 11:25 tot 11:40
1ste Pouse Seniors - 10:06 tot 10:26
4. Waar kan ek 'n padkaart na die skool bekom?
Daar is 'n padkaart op ons webwerf beskikbaar, onder die skakel 'Kontak Ons'.
5. Wat is die prosedure rondom die afhaal van my kind gedurende skoolure indien hy/sy 'n afspraak by
'n dokter/tandarts/spesialis ens. het?
Voortdurende onderbrekings in klasse noodsaak dat daar slegs voor pouses en voor die skool om 13:15 verdaag,
afkondigings gemaak sal word. Neem dus kennis dat die kantoorpersoneel verbied word om leerlinge in klastyd
na die kantoor te roep of afkondigings buite hierdie tye te maak. Leerlinge wat afsprake binne skooltyd het, moet
dit die vorige dat met hul register-onderwysers uitklaar. Bring asb die dag van die afspraak, 'n brief saam waarin
die onderwyser by wie hy/sy op die gegewe tyd sal wees, in kennis gestel word dat die leerder toestemming het
om die klas te verlaat en die ouer by die kantoor te ontmoet. Dit is u verantwoordelikheid om die kind in te lig oor
die spesifieke tyd wat u hom/haar kom haal en hy/sy moet self op die gegewe tyd by die kantoor aanmeld.
Grondslagfase (gr.1-3) onderwysers sal behulpsaam wees om kinders kantoor toe te stuur op die gegewe tyd,
maar dit is baie belangrik dat u die onderwyser vooraf skriftelik in kennis stel.
6. Indien my kind siek was, aan wie stuur ek die siektessertifikaat?
Leerlinge wat siektessertifikate inhandig, moet dit asb by hul register-onderwyser inhandig.
7. Indien ek vir my kind 'n kospakkie wil bring, wanneer en waar kan dit gedoen word?
Kospakkies of enige ander pakkies sal slegs tydens pouses aan leerlinge gegee word. U kan dit by die kantoor kom
afgee.
8. Waar kan ek ou of nuwe skoolklere of sportklere bekom?
Laerskool Wonderboom se skoolklere is by die leweransiers, Overkruin Uitrusters beskikbaar.
Ons het ook 'n klerekas wat op die skoolgronde naby die lapahek in Jan Booysenstraat bedryf word.
OVERKRUIN UITRUSTERS
Magalieskruin Senter, 390 Braam Pretoriusstraat, Sinoville, Tel: 0125672026=
KLEREKAS TYE:
Ma tot Do: 11:45 tot 13:30
Vrydae: 7:00 tot 7:45
9. Waar kan ek die jaarprogram in die hande kry?
Die jaarprogram is aangedui op die skoolkalender wat in die begin van elke jaar aan elke leerder uitgedeel word.
Indien u nie 'n skoolkalender ontvang het nie, is daar kopieë in die kantoor by Mev. Paula More beskikbaar, andersins
kan u dit op die webwerf aflaai, op die hoofbladsy is 'n skakel. Klik gerus daarop, die jaarprogram sal verskyn.
Partykeer verander datums en vra asb by die kantoor of daar wel regstellings aangebring is. Die jaarprogram op die
webwerf word gereeld opgedateer.
10. Wie kan ek skakel indien ek meer wil uitvind oor 'n spesifieke sportsoort, oefentye, wedstryde of byeenkomste?
Hiermee kontakbesonderhede van ons verskillende organiseerders.
| Sportsoort | Sportorganiseerder | Kontak |
| Algemene navrae | Mnr. Roelf Faurie | sport@wonwen.co.za |
| Atletiek | Juf. Anne Botha | anne@wonwen.co.za |
| Rugby | Mnr. Johann Dinkelmann | |
|
Bulletjie rugby en mini-krieket |
Mnr. Niek Labuschagne | |
| Netbal | Juf. Riana Mentz | |
| Mini-netbal | Mev. Anna-Mari v Emmenis | |
| Krieket | Mnr. Boeta v Emmenis | |
|
Hokkie en mini-hokkie |
Mev. Alida du Toit | |
| Skaak | Mev. Marelise de Beer | |
| Tennis | Mev. Ena Coetser | |
| Swem | Mej. Chantal Halgreen | |
| Landloop | Mnr. Johan Fivaz | |
| Perdry | Mnr. Johan Olivier | |
| Gholf |
Mnr. Boeta v Emmenis en Mnr. Rudolf Labuschagne |
|
| Kultuuraktiwiteit | Kultuurorganiseerder | Kontak |
| Voortrekkers | Mnr. Johan Myburg | |
|
Liedjiefees / Kerssangaand / Revue |
Mev. Benita Botha | |
| Staccato's (Snr revue) |
Mevv. Benita Botha en Alida du Toit en Mnr. Johan Fivaz |
|
| Klawerklitsies (Jnr revue) |
Mevv. Rethna Oosthuizen Carina Rademan en Elsabé Swart |
|
| Snr Koor |
Mevv. Louise Pietersen en Ilse Basson |
|
| Jnr Koor | Mev. Carina Rademan | |
| Kunswedstryde | Mev. Elsa Weber | |
| Redenaarskompetisies |
Mevv. Lida de Jager, Lu Kruger en Elaine Malan |
|
11. Indien ek enige navrae, versoeke of klagtes het, waarnatoe kan ek dit stuur?
Dit is belangrik dat sulke aangeleenthede op skrif geplaas word. U kan dit epos na die skool se algemene
eposadres, genaamd admin@wonwen.co.za of faks na 012 543 0875 gemerk aandag ADMIN.
12. Wanneer ontvang die Woelige Wonnies besoekers en oproepe?
U is meer as welkom om die Woelige Wonnies tussen 11:00 en 12:00 te skakel of te besoek.
13. Wat is die kontakbesonderhede van die Naskoolsentrum?
U kan die naskoolsentrum na 12:30 skakel by 072 0602 419. Vir meer inligting kyk gerus onder die skakel
'Naskoolsentrum'.