Atletiek

Organiseerder - Juf. Anne Botha

 

Die atletiekseisoen is nou amptelik verby vir die meeste

Wonnie-atlete. Baie sterkte aan die 36 atlete wat môre op

Pilditch weer hul staal moet toon.

Atletiekafsluiting vind 7 Maart plaas.

 

Die Wonnie se bloed is definitief "BLOU" - Wonderboom BLOU.

Die Wonnies is WEER die nommer EEN.

Tydens die Noord vd Bergbyeenkoms te Danie Malan het die

Wonnies as oorwinners uit die stryd getree.

Die volgende skole was daar: LS Stephanus Roos,

Theresapark, Magalieskruin, Danie Malan, Voortrekker Eeufees en

Rachel de Beer.

 

 

Toe doen die Wonnies dit weer! Knapgedaan Wonnies! Ons is trots op julle!

Die Wonnies tree as oorwinnaars uit die stryd tydens die Clusterbyeenkoms, met Laerskool

Stephanus Roos in die tweede posisie. 35 Wonnies dring deur uit 'n totaal van 47

items na die Distrikskampioenskappe op 17 Februarie 2012 te Pilditch.

Die byeenkoms begin reeds in die oggend. Atlete vanaf 7 tot 13 jaar

gaan hier deelneem.

 

Eerskomende Maandag is dit die Noord vd Berg atletiekbyeenkoms

te Danie Malan. Hierdie byeenkoms is altyd 'n vertoonvenster van die skole

Noord vd Berg.

Die byeenkoms begin om 15:00 en behoort om 21:40 afgehandel te wees.

Dit is ook die laaste byeenkoms vir die skoolspan.

 

Dankie aan al ons getroue afrigters en ondersteuners.

Elkeen se deel het bygedra tot ons sukses!

 

Afrigters 2011_2012.doc

 

2011

 

Atletiek Noord v.d. Berg Wenners!!!

 

 

Loading...