Hokkie

Organiseerder - Juf. Alida du Toit

 

2011

 

Liga bepalings vir die kwartaal (3):

o/12 (B1-liga)

30 Julie - 8:00 vs Lynnwood (E) - ons het1-0 gewen!!!!

20 Aug - 9:30 vs Wierda Park A (D)

27 Aug - 8:00 vs Midstream (E)

3 Sep - 8:00 vs Menlo Park (E)

10 Sep - 8:00 vs Tygerpoort (E)

11:45 vs Mayville A (E)

 

o/13 A (D1-liga)

13 Aug - 8:00 vs Rayton (A)

20 Aug - 11:00 vs Meyerspark (A)

27 Aug - 8:00 vs Mayville (A)

3 Sep - 10:15 vs Glenstantia (B)

10 Sep - 8:00 vs Anton van Wous (B)

 

Spanne moet asb reeds 1 uur vir die wedstryde by Rietondale se snoepie bymekaar kom.

Laat weet asb die afrigters as spelers nie gaan opdaag nie.

Spelers wat Donderdag se oefening mis sal nie Saterdag se wedstryd speel nie.

 

Loading...

 

 

Hokkie 2010 Prestasies

 

By die Wonnies speel ons vanaf Maart tot September hokkie.  Proewe word gehou, maar by Wonnie hokkie word daar nie sommer iemand weggewys nie. 

 Daar is 3 senior spanne en 1 mini hokkiespan by ons skool. 

 Wonnies se hokkie het gekook hierdie jaar.  Elke hokkie afrigter en elke hokkie speler het dwarsdeur die jaar baie hard gewerk, en ons het die vrugte daarvan gepluk. 

 In die tweede kwartaal het die Eerstespan die B1-liga gewen en die 2de span die C1-liga.

Tydens die derde kwartaal se liga maak ons eerstespan geskiedenis deur die hoogste nog in die liga te eindig.

Met 1 punt was ons tweede in die A2 liga. Dit beteken dat hierdie span 8ste gekom het uit 50 skole!

Dis voorwaar ‘n top prestasie, baie geluk aan elke eerstespan speler! Julle het die Wonnies se naam weereens hoog gehou!