Landloop
Organiseerder - Mnr. Johan Fivaz
|
Izelle Ehlers en Hendrik White is gekies tot die Gauteng Noord landloopspan nadat hul aan die Interprovinsiale Kampioenskappe deelgeneem het in Polokwane (16 Junie 2011)!
Baie geluk ook aan die 4 langasems van Wonderboom wat gekwalifiseer het vir die Gauteng Noord landloopspan wat aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe te Bloemfontein op 17 September 2011, gaan deelneem.
|
Voor lnr: Izelle Ehlers en Chanté Louw
Agter lnr: Hendrik White en Kyla de Waal
Waaroor gaan landloop?
Landloop, beslis nie ‘n sportsoort vir sussies nie.
Atlete met deursettingsvermoë en wat kan hard werk, neem deel aan landloop.
Die seisoen is lank, maar die atlete pluk die vrugte daarvan.
Baie geluk aan Hendrik White, Freidrich Joubert en Izelle Ehlers wat gaan deelneem het aan die Suid-Afrikaanse
Landloopkampioenskappe te Pretoria verlede jaar, 2010.
Izelle het ‘n 5de plek behaal tydens die byeenkoms, voorwaar ‘n puik prestasie.