|
Kontakbesonderhede van die bestuur:
Erika Bayards: 076 1561 561 Skryfbehoeftes en ou klere
Tania Pringle: 082 7779 064 Kos
Corlien Venter: 082 6707 366 Broodjieprojek
Sorita van Onselen 082 4550 226 Gebedsaksie
Die skool se Oueromgeegroep (OOG) bedryf verskillende projekte om gesinne te help
wat omstandighede beleef wat dit moeilik maak om kos op die tafel vir die gesin te plaas.
U kan gerus die vrymoedigheid neem om enige van die koördineerders te kontak.
Die hulplynnommer is 074 - 892 - 0366. Oproepe word vertroulik hanteer.
Agtergrond
Die OOG is gebore uit ‘n groep ouers wat ‘n Selgroep bedryf en die behoefte gehad het om na mense
in ons omgewing, wat swig onder drukkende ekonomie, uit te reik.
Ons is ‘n nie-wins gedrewe groep ouers, wat in die belang van ons kinders in ons skool en hul gesinne optree.
Wat doen ons?
Broodjie Projek
Die projek is reeds aan die gang en behoeftige kinders word op ‘n daaglikse basis van ‘n
kosblik-broodjie voorsien.
Indien u wil betrokke raak, behoort u een maal per kwartaal vir ‘n week lank ‘n smeerbeurt te kry.
Smere en brode word op hierdie stadium geborg.
Indien u wil betrokke raak kontak asb vir:
Irma Bezuidenhout 0845024351 jibez@telkomsa.net
Kos en Kruideniersware
Ons benodig DRINGEND enige kos/kruideniersware vir behoeftige gesinne wat daagliks toeneem.
Indien u enige kos/kruideniersware wil insamel of skenk, kontak asb vir:
Tania Pringle 0827779064 pringlehome@mweb.co.za
“Boksie” Projek
In elke klaskamer sal daar ‘n boksie wees waarin kinders met die OOG kan kommunikeer.
Kinders kan ook gebeds-, probleem- of enige ander versoeke daarin plaas.
Hierdie boksies word op ‘n weeklikse basis leeg gemaak en hanteer.
Verantwoordelike persoon:
Naomi Oberholster 0722869186 noberholster@gmail.com
Skryfbehoeftes en Klere
Skryfbehoeftes en gewone klere word benodig vir behoeftige kinders en gesinne in ons skool.
Indien u enige skryfbehoeftes en/of klere kan insamel of skenk, kontak asb vir
Erika Bayards 0828863291 erikabayards@gmail.com
Let wel skoolklere gaan steeds na die skool se klerebank.
Borge en Donasies
Enige borge en donasies, hoe gering ookal, kan vir iemand ‘n wereld se verskil maak.
Borge en donasies sal aangewend word om die behoeftige kinders in ons skool en hulle gesinne te versorg.
Indien u behulpsaam kan wees met borge en donasies, kontak asb vir:
Corlien Venter 0826707366 corlienv@webafrica.org.za
Borge en Donasies kan in die volgende rekening inbetaal word:
ABSA Rekening nommer: 5260144369 Meld asseblief “omgeegroep” as verwysing.
Takkode: 632005
Ouer Gebedsgroep
Daar vind tans op ‘n weeklikse basis ‘n Ouer Gebedsgroep-aksie plaas by die skool.
Indien u betrokke wil raak, kontak asb vir:
Sarietha van Onselen 0824550226 sariethav@gmail.com
Professionele Dienste
Ons benodig professionele lui uit ons ouer-geledere wat bereid is om hul dienste beskikbaar te stel
(bv. Dokters, Sielkundiges, Finansiele kundiges ensovoorts).
Ons vertrou dat dit beperkte gevalle sal wees en dat dit nie ‘n groot hoeveelheid van u tyd in beslag sal neem nie.
Indien u betrokke wil raak, kontak asb vir:
Erika Bayards 0828863291 erikabayards@gmail.com
Corlien Venter 0826707366 corlienv@webafrica.org.za
Hulplyn Nommer
Hierdie nommer is beskikbaar aan OUERS en KINDERS van Laerskool Wonderboom.
Alle oproepe sal vertroulik hanteer word en u kan anoniem bly indien u dit sou verkies.
Kinders en ouers moet die vrymoedigheid he om hierdie nommer te skakel vir enige probleme en advies.
Die OOG sal u ondersteun in elke opsig binne hulle vermoe.
Hulplyn Nommer : 0748920366
“U betrokkenheid, hoe gering ookal, kan vir iemand ‘n wereld se verskil maak!”
|