Perdry

Organiseerder - Mnr. Johan Olivier

 

2011

 

Adri Botha en haar Mariska het aan die 3de Gauteng Noord kwalifiserende skou by

Misty Meadows op 30 Mei 2011 deelgeneem.

Sy het 1ste plek verower in Working Riding, vlak3, 3de plek in Working Hunter,

vlak 3, en 'n 6de plek in Skousprong 90cm, vlak 3.

 

 

Loading...

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Perdrykuns Prestasies 2010

 

 

Laerskool Wonderboom is as Tshwane Noord distrikwenners in Perdrykuns aangekondig!

Daarmee saam is hulle ook algeheel derde in die kategorie 11-15 ruiters, naas groot skole soos Crawford (2de)

en Woodhill College (1ste).

Die leerders wat hierdie prestasies moontlik gemaak het, is in die groepfoto hierbo (lnr) agter:

Matéha Uys, Carla v.d. Merwe, Jason White, Kalvin Cornell, Jemma du Plessis, Jaco v.d. Merwe en Bianca Herbst en (lnr) voor:

Imke Smith, Herman Labuschagne, Mnr. Johan Olivier (organiseerder), Amelia Meyer en Claudia Uys. Adri Botha is ingelas links en leerders wat

afwesig was by die neem van die foto is Kayla Kritzinger en Dahlin Cornell. 

 

 Twee van hierdie perderuiters, Claudia Uys en Adri Botha is ook in die Gauteng Noordspan ingesluit wat van 23 tot 26 September 2010

aan die Nasionale Kampioenskappe sal deelneem!

Dis 'n groot prestasie en ons is trots op julle!