BORGE

  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter

Kultuur 

Oefentye

Klawerklitsies:  Maandae en Woensdae vanaf 13:30 tot 15:00

Staccato's:     Woensdae vanaf 17:00 tot 18:30

                    Vrydae vanaf 13:30 tot 15:00

Koor:             Maandae en Woensdae vanaf 16:30 tot 18:00

Klawerklitsies & Staccato optredes:

1 September, Wonderliggiefees, NG Kerk Wonderpark, Amandasig. 

Die revuegroepe tree op as voorprogram vir Manuel Escorcio. 

11 September, Spektrum finaal, TUT (Pretoria-Wes Kampus)

Klawerklitsies 13:00 en die Staccato’s om 18:00.

 

Staccato optredes: Derdekwartaal

28 Augustus Spektrum Semi-finaal

3, 4 September Spektrum finaal

Klawerklitsies optredes: Derdekwartaal

3, 4 September Spektrum finaal

 

Koor 

Mnr. Attie Rossouw, ons koorleier, was die afgelope tyd besig met oudisies vir nuwe

koorlede. Die nuwe koorlede sal skriftelik in kennis gestel word en sal op Maandag, 13

September 2010 saam begin oefen. Die bestaande koorlede begin weer op Donderdag, 9

September 2010, vanaf 16:30 tot 17:30 te oefen.

Ons tree Sondagoggend, 12 September 2010 om 9:00 op in die Nederduits Hervormde Kerk,

Gemeente Pretoria. ( Middestad, langs die Reserwe Bank). Verdere besonderhede sal

tydens die oefening op 9 September deurgegee word.

 

 

 

ATKV Senior Redenaar Wenners

Algehele Wenner is Armand Visagie (heel voor)

Ilané Swift Gr.4, Karissa Birkenstock Gr.5 en Chara Swift Gr.7

ATKV Senior Redenaars

 

 

Koor

Die koor het ‘n opwindende en besige kwartaal agter die rug. 

Na al die baie aande se optredes en oefening in die week, is ons trots om te

sê dat ons ‘n puik koor het hierdie jaar. 

By die Eistedfodd optrede vroeg in Meimaand het ons ‘n tweede plek behaal

met ‘n goue toekenning, ‘n A simbool.  Welgedaan!

3 Junie het ons eie koorfees plaasgevind by die Gereformeerde Gemeente Waverley

– Die Kandelaar.  Vyf kore het opgetree. 

Die fees was 'n groot sukses en die kore het pragtig vertoon.

Sondag 6 Junie het ons opgetree saam met die Magaliesberg Kinderkoor by die

Encorteater in Kerkstraat.  Was wonderlik!

 

Baie dankie aan elke koorlid se toewyding en getroue oefening,

ons is trots op julle.  Ons is trots op julle. 

Baie dankie ook aan elke ouer se opoffering.

 

Revue

Baie geluk aan albei revuegroepe wat in die staatsteater gaan deelneem. 

Klawerklitsies, Saterdag 14 Augustus en die Staccato’s,

Vrydag 27 Augustus (Gala-aand). 

Die Stadsaal se kaartjiebespreking het reeds Maandagoggend 7 Junie om 9:00 gesluit. 

 

Twee en twintig Klawerklitsies was Maandag vir klankopnames in die ateljee.  Dit was harde werk maar dit het goed gegaan. 

Die groepfoto's is Maandag, 7 Junie, geneem.  


 

 

Wonnieland

Naam
E-pos