BORGE

  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter

Oueromgeegroep

Dit is tyd vir ‘n silwer-oorlog by Laerskool Wonderboom om ons

Oueromgeegroep te ondersteun. Tydens die silwer-oorlog gaan

ons kyk watter graadgroep se sak met R1, R2 en R5-munte die

swaarste sal weeg.

Woensdag 15 September is die R5 oorlog en dan kyk ons watter graadgroep kan die

swaarste sak R5-munte bymekaar maak. Op Donderdag 16 September kan die R2-munte

aan die beurt en op Vrydag 17 September versamel ons R1-munte. Dan is dit die groot

inweeg om te bepaal watter graadgroep se munte die swaarste weeg. Graadgroepe mag

dan nog munte byvoeg indien hulle sak nie die swaarste weeg nie. Daar wag natuurlik ‘n

lekker verrassing vir die graadgroep met die swaarste sak munte.

Daar is ouers in ons gemeenskap wat regtig groot nood ondervind en ek wil graag op u

goedhartigheid staatmaak om die Oueromgeegroep se koffers te vul om die ouers te

ondersteun wat groot nood ervaar. Maak asseblief u hart en beursies oop.

Kontakbesonderhede van die bestuur:

Erika Bayards: 076 1561 561 Skryfbehoeftes en ou klere

Tania Pringle: 082 7779 064 Kos

Corlien Venter: 082 6707 366 Broodjieprojek

Sorita van Onselen 082 4550 226 Gebedsaksie


Die skool se Oueromgeegroep (OOG) bedryf verskillende projekte om gesinne te help wat omstandighede beleef wat dit moeilik maak om kos op die tafel vir die gesin te plaas.U kan gerus die vrymoedigheid neem om enige van die koördineerders te kontak.

Wonnies se Omgee Dag!

Die hulplynnommer is 074 - 892 - 0366. Oproepe word vertroulik hanteer.

Koördineerder         Projek                       E-pos adres                        Kontaknr.

Erika Bayards         Skryfbehoeftes          This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it        076-156-1561
                               en klere

Corlien Venter       Borge en donasies
                              Broodjieprojek            This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it     082-670-7366

Tania Pringle         Voedsel/Kruideniers     This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it    082-777-9064

Sarietha                Gebedsgroep              This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it            082-455-0226
van Onselen


Agtergrond

Die OOG is gebore uit ‘n groep ouers wat ‘n Selgroep bedryf  en die behoefte gehad het om na mense in ons omgewing, wat swig onder drukkende ekonomie, uit te reik.  Ons is ‘n nie-wins gedrewe groep ouers, wat in die belang van ons kinders in ons skool en hul gesinne optree. 

 

Op 04 Maart 2009 was daar ‘n OOG byeenkoms waartydens ander ouers by die OOG kon aansluit.  Die opkoms was bo verwagting en dit was wonderlik om te sien hoeveel ouers daar is wat wil betrokke raak by die omgee groep.

 

 

Wat doen ons?

 

Broodjie Projek

 

Die projek is reeds aan die gang en behoeftige kinders word op ‘n daaglikse basis van ‘n kosblik-broodjie voorsien.

 

Indien u wil betrokke raak, behoort u een maal per kwartaal vir ‘n week lank ‘n smeerbeurt te kry.  Smere en brode word op hierdie stadium geborg.

 

Indien u wil betrokke raak kontak asb vir:

 

                Irma Bezuidenhout          0845024351         This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

               

 

Kos en Kruideniersware

 

Ons benodig DRINGEND enige kos/kruideniersware vir behoeftige gesinne wat daagliks toeneem.

 

Indien u enige kos/kruideniersware wil insamel of skenk, kontak asb vir:

 

                Tania Pringle                      0827779064         This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it





“Boksie” Projek

 

In elke klaskamer sal daar ‘n boksie wees waarin kinders met die OOG kan kommunikeer.  Kinders kan ook gebeds-, probleem- of enige ander versoeke daarin plaas.  Hierdie boksies word op ‘n weeklikse basis leeg gemaak en hanteer.

 

Verantwoordelike persoon:

 

                Naomi Oberholster                          0722869186         This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

 

 

Skryfbehoeftes en Klere

 

Skryfbehoeftes en  gewone klere word benodig vir behoeftige kinders en gesinne in ons skool. 

 

Indien u enige skryfbehoeftes en/of klere kan insamel of skenk, kontak asb vir

 

                 Erika Bayards                                    0828863291         This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it :

 

Let wel skoolklere gaan steeds na die skool se klerebank.



Borge en Donasies

 

Enige borge en donasies, hoe gering ookal, kan vir iemand ‘n wereld se verskil maak.

 

Borge en donasies sal aangewend word om die behoeftige kinders in ons skool en hulle gesinne te versorg.

 

Indien u behulpsaam kan wees met borge en donasies, kontak asb vir:

 

                 Corlien Venter                                    0826707366         This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

 

Borge en Donasies kan in die volgende rekening inbetaal word:

 

ABSA  Rekening nommer: 5260144369  Meld asseblief “omgeegroep” as verwysing.

Takkode: 632005

 

 

Ouer Gebedsgroep

 

Daar vind tans op ‘n weeklikse basis ‘n Ouer Gebedsgroep-aksie plaas by die skool. 

 

Indien u betrokke wil raak, kontak asb vir:

 

                Sarietha van Onselen                      0824550226         This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

 

 

 Professionele Dienste

 

Ons benodig professionele lui uit ons ouer-geledere wat bereid is om hul dienste beskikbaar te stel (bv. Dokters, Sielkundiges, Finansiele kundiges ensovoorts).  Ons vertrou dat dit beperkte gevalle sal wees en dat dit nie ‘n groot hoeveelheid van u tyd in beslag sal neem nie.

 

Indien u betrokke wil raak, kontak asb vir:

 

                Erika Bayards                                    0828863291         This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

                Corlien Venter                                    0826707366         This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

 

 

Hulplyn Nommer

 

Hierdie nommer is beskikbaar aan OUERS en KINDERS van Laerskool Wonderboom.   Alle oproepe sal vertroulik hanteer word en u kan anoniem bly indien u dit sou verkies.  Kinders en ouers moet die vrymoedigheid he om hierdie nommer te skakel vir enige probleme en advies.  Die OOG sal u ondersteun in elke opsig binne hulle vermoe.

             

Hulplyn Nommer     :           0748920366


“U betrokkenheid, hoe gering ookal, kan vir iemand ‘n wereld se verskil maak!”