BORGE

  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
  • Besigheidsindeks
mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter

Sportdrag

Sportdrag

Hierdie bladsy is in werking. U geduld word opreg waardeer.

 

Atletiekdrag

Koningsblou en wit frokkie met koningsblou atletiekbroek, vir seuns sowel as dogters. 

Atletiekdrag Dogters

 

Swemdrag

Koningsblou swemdrag met boombie-embleem daarop, vir seuns sowel as dogters.

'n Koningsblou swemkappie met "Wonnies" en die boombie-embleem daarop.

Amptelike atletiekdrag kan bo-oor die swemdrag aangetrek word.

Wonnie-handdoeke is ook beskikbaar.

Swemdrag Dogters                    Swemdrag Seuns

 

Rugbydrag

Bulletjies - Koningsblou bulletjietrui en wit broekie met boompie-embleem daarop.

Ander spanne - Koningsblou trui (standaard) met 'n wit kraag en 'n wit broek.

Borglogo op die regtersakposisie of op die moue. Nie groter as 10x10cm nie.

Eerstespan - Koningsblou trui (kleur varieer) met 'n swart broek. Borglogo op bors.  

Borge word goedgekeur deur die Sportbestuurder, Mnr. Quintis Pieterse.

Bulletjierugbydrag                      

 

Netbaldrag

Mininetbal - Koninsblou en wit hempie. Koningsblou rompie met boompie-embleem daarop.

Wit kouse en wit sporttekkies. Geen juwele nie.

Ander spanne - Dieselfde as die mininetbal.

Eerstepan - Hul beffies lyk verskillend. Kan ander kottse, kop-of sweetband in skoolkleure dra.

Kleur en klere van hul drag varieer. Borglogo mag op regterbors of onderaan op rokkie  aangebring word.

Netbaldrag                  Netbaldrag Senior    

 

Tennisdrag

Dogters: Koningsblou en wit hempie. Koningsblou rompie met boompie-embleem daarop.

Witkouse, tennisskoene en skoolpet.

Seuns: Skool gholfhemp met koningsblou kortbroek. Witkouse, tennisskoene en skoolpet.

Eerstespan: Drag kan gewysig word, nogtans in die offisiƫle skoolkleure.

Tennisdrag Dogters                Tennisdrag Seuns

 

Hokkiedrag

Alle spanne: Wit hempie met koninsblou kragie en omboorsel by die moue. Skoolwapen links. Koningsblou hokkie rompie met skoolwapen links daarop. Wit lang hokkiekouse en wit sporttekkies.

Eerstespan: Kan met goedkeuring hul drag wysig, nogtans in die offisiĆ«le skoolkleure. 

Wit lang hokkiekouse en wit sporttekkies.

Minihokkiedrag

 

Krieketdrag

Witkriekethemp met koninsblou insetsel en lang wit krieketbroek.

Oorwegend wit krieketskoene. Blou skoolhoed.

Borglogo's onderworpe aan krieketorganiseerder se toetstemming.

Krieketdrag

 

Gholfdrag

Skool se sporthemp. Bruin lang- of kortbroek word gedra by tekkies of gholfskoene.

'n Gordel by die broek is verpligtend en geen hemde mag uithang nie.

Skoolpet.

Gholfdrag