ONS BORGE

Makro

Makro Wonderboom en Laerskool Wonderboom het hande gevat om by te dra tot ons skool se fondse en u kind se opvoeding. Laerskool Wonderboom ontvang elke 6 maande ‘n persentasie van die winsopslag op die aankope wat u as ouer by Makro Wonderboom doen. U kan deur middel van die vorm hier af te laai, in te vul en aan die skool te besorg (bemarking@wonwen.co.za), u persoonlike GRATIS Makrokaart ontvang. As u ‘n bestaande Makrokliënt is, vul net u kaartnommer en besonderhede op die aansoekvorm in en Makro sal u bestaande kaart by die program insluit.

MySchool

Hoe werk die Program?

Fondse word op ‘n maandelikse basis ingesamel vir ons skole. Gebruik eenvoudig jou MySchool ondersteunerskaart wanneer jy by een van die MySchool-vennote koop. Hierdie sluit in: Woolworths, Engen QuickShops, Waltons, Takealot.com, Jack’s Paint, Reggie’s, Toys R Us, Netstar en SupaQuick, om maar net ‘n paar te noem. Hulle gee namens jou ‘n persentasie van die bedrag, wat jy bestee het, aan jou skool.

Wat is die voordele om deel te wees van die MySchool-program?

  • Samel fondse in vir jou skool sonder dat dit jou ‘n sent kos
  • Skole kan die fondse aanwend op enige wyse soos hulle verkies
  • Kry maandelikse terugvoering via die MySchool-staat oor die bedrag wat ingesamel is
  • Kaarthouers kwalifiseer outomaties om deel te wees van die Woolworths WRewards-program (insluitende tot 20% kitsafslag op meer as 300 items in die winkel)

Bykomende voordele sluit in:

  • Spesiale laer pryse op uitgesoekte produkte
  • Uitnodigings na voorskoue van uitverkopings
  • Spesiale promosies en weggee-produkte (Besoek www.myschool.co.za vir meer besonderhede)

Hoe begin ek?

  1. Doen aanlyn aansoek by www.myschool.co.za of per telefoon by 0860 100 445. Onthou ons skoolnaam is die begunstigde.
  2. Het jy reeds ‘n kaart? Verander of voeg ‘n begunstigde/skool by – jy het nie ‘n nuwe kaart nodig nie. Kontak eenvoudig MySchool by www.myschool.co.za of 0860 100 445.

Algemene vrae:

Is dit moontlik om meer as een begustigde te hê?

Ja, u kan tot 3 begunstigdes ondersteun. Fondse sal eweredig tussen die begunstigdes verdeel word.

Ek het reeds ‘n kaart. Moet ek n nuwe een kry?

Nee, verander slegs u begunstigde.

Ek het n Woolworths kaart. Hoe kan ek dit aan MySchool Koppel?

Woolworths kaarte is nie outomaties aan MySchool gekoppel nie. Kontak asseblief MySchool by 0860 100 445 en vra dat u kaart gekoppel word. Onthou jou Woolworths kaart kan net by Woolworths gebruik word, terwyl die MySchool kaart by verskillende vennote gebruik kan word.

ELKE TRANSAKSIE TEL – WORD VANDAG DEEL!

Wat gons by Wonnies? Sien ons kalender en nuusbrief Lees Meer


Facebook